Direktoraat Kommunikasie
National Department of Agriculture

 

Bosluis-oordraagbare siektes by herkouers

Jenny Turton

    
Wat is bosluis-oordraagbare siektes?

Bosluis-oordraagbare siektes is siektes wat onderling tussen diere versprei deur 'n besmette bosluis se byt

Bosluise raak besmet deur op diere te voed wat óf 'n siekte het, óf wat gesond is, maar die parasiet in hulle bloed het (draers)

Bosluise besmet diere deur hulle speeksel wanneer hulle op die diere voed

'n Enkele besmette bosluis kan die siekte aan 'n dier oordra


Belangrike bosluis-oordraagbare
siektes by herkouers

Hartwater by beeste, skape en bokke

 

Rooiwater by beeste
Galsiekte by beeste

Watter bosluisspesie dra die verskillende siektes oor?

  • Hartwater: bontbosluis


Mannetjie


 Wyfie

  • Rooiwater: bloubosluis


Mannetjie


Wyfie

  • Galsiekte: bloubosluis, maar ander soos die rooibosluis is
    ook belangrik
Mannetjie van rooibosluis
  Galsiekte kan ook van een dier na 'n ander versprei deur bytende vlieë en deur bloed aan instrumente en naalde (bv. tydens inenting, inspuiting, onthoorning en kastrasie)

Waar kom die verskillende bosluis-oorgedraagde siektes voor?

Die siektes kom voor waar daar bosluise is

Hartwaterverspreiding

Galsiekteverspreiding

Rooiwaterverspreiding
Afrika rooiwater-donker gedeelte

Asiatiese rooiwater en
Afrika rooiwater--ligter gedeelte


Hoe belangrik is bosluis-oordraagbare siektes?

Bosluis-oordraagbare siektes kan groot veeverliese veroorsaak

Die siektes kan die inbring van diere met 'n hoë produksie om die plaaslike stapel op te gradeer of vervang, voorkom

Watter diere is die vatbaarste vir bosluis-oordraagbare siektes en wanneer is die siekte die waarskynlikste?

  • Eksotiese rasse (Simmentaler, Fries en Jersey) is meer vatbaar
  • Tropiese rasse soos die Nguni en Brahman is gewoonlik meer weerstandbiedend
  • Ouer diere
  • Skape en bokke is meer vatbaar vir hartwater as beeste
  • Diere wat in die winter gebore is (nie blootgestel aan parasiete toe hulle jonk was nie)
  • Daar is 'n groter waarskynlikheid van die siektes na goeie reëns omdat daar dan meer bosluise is
            

Tekens by siek en dooie diere

Hartwater

Siek diere

- Senuweesimptome is meer opvallend by beeste as by skape en bokke

- Probleme om te loop

- Hoogtrap

- Ongewone gedrag soos vasloop in
drade, sirkelbewegings, neerval en kou-
bewegings (kan soos hondsdolheid lyk)

- Ligte aanraking van die voorkop met 'n vinger
veroorsaak oogknip

- Konvulsies met trapbewegings

Dooie diere


Rooiwater

Siek diere

Daar is twee tipes rooiwater, naamlik Asiatiese rooiwater en Afrika-rooiwater

Asiatiese rooiwater is 'n ernstiger siekte, hoewel Afrika-rooi-water moontlik van groter belang is en meer wydverspreid voorkom. Die tekens is dieselfde, hoewel senuweesimptome ook by Asiatiese rooiwater voorkom

Koors (40-41,5°C)

Bleek tot geel oë en tandvleise

Rooigekleurde urine

By die Asiatiese vorm kan daar senuweetekens
wees, moeilike beweging en stuipe (kan soos
hartwater lyk)

Vrekte

Kalwers is weerstandbiedend vir die eerste 6 tot 9 maande na geboorte

Dooie diere


Galsiekte

Siek diere

Moontlikheid van koors
Bleek tot geel oë en tandvleise
Probleme om te loop
Moeilike asemhaling
Hardlywigheid (weens rumenstase)
Vrekte
Kalwers is weerstandbiedend vir die eerste 6 tot 9 maande na geboorte

Dooie diere

Gelerige karkas
Groot milt
Groot galblaas gevul met dik, bruingroen gal


Hoe weet 'n mens jou diere het hierdie siektes?

Jy kan vermoed dat die siektes voorkom deur na die volgende op te let:
Kliniese tekens by siek diere
Voorkoms van siek diere

Jou veearts of dieregesondheidstegnikus sal dit bevestig deur te soek na parasiete in:
Bloedsmere vir rooiwater en galsiekte
Breinsmere vir hartwater en Asiatiese rooiwater

Met watter siektes kan bosluis-oorgedraagde siektes verwar word?


Die enigste manier om seker te wees
van die siekte is om dit deur toetse van
die siek of dooie dier te laat bevestig


Hoe kan bosluis-oorgedraagde siektes behandel word?

Hartwater

Rooiwater

Galsiekete


Hoe kan bosluis-oordraagbare siektes voorkom of beheer word?



 

Vir nadere inligting in verband met die beheer, herkenning en behandeling van die siektes,
kontak jou naaste dieregesondheidstegnikus
beampte of staatsveearts

of

Animal Health for Developing Farmers
deur die LNR-Onderstepoort Veterinêre Instituut
Privaatsak X05, Onderstepoort 0110
Tel (012) 529 9158





2000

Saamgestel deur die Direktoraat Kommunikasie, Nasionale Departement van Landbou
in samewerking met
LNR-Onderstepoort Veterinêre Instituut

Gedruk en uitgegee deur die Nasionale Departement van Landbou
en verkrygbaar van die Resource Centre, Direktoraat Kommunikasie
Privaatsak X144, Pretoria 0001, Suid-Afrika