|
PLANTVERBETERINGSWET, 1976 (WET 53 VAN 1976) REGULASIES MET BETREKKING TOT ONDERNEMINGS, Die Minister van Landbou en Visserye het die volgende regulasies kragtens artikel 34, saamgelees met artikels 4, 7, 9, 12, 13, 16, 18, 20, 21, 22, 25, 26, 30 en 32, van die Plantverbeteringswet, 1976 (Wet 53 van 1976), uitgevaardig:-
INDELING VAN REGULASIES Regulasie Woordomskrywing ....................................... . ..............1 Hoofstuk I: Registrasie van ondernemings ............................................................. 2 4 Hoofstuk II: Vereistes betreffende ondernemings ...... ........................... 5 8 Hoofstuk III: Aantekeninge wat by ondernemings gehou moet word ......... ...........................9 15 Hoofstuk IV: Erkenning van variėteite ........................ ...................... 16 20 Hoofstuk V: Vereistes betreffende saad ...... ........................................................ 21 29Hoofstuk VI: Vereistes betreffende plante en voortplantingsmateriaal uitgesonderd saad ............30 - 32 Hoofstuk VII: Houers van voortplantingsmateriaal ...... .................................. 33 34 Hoofstuk VIII: Merk en etikettering van plante en voortplantingsmateriaal .. ........................... 35 40 Hoofstuk IX: Invoer en uitvoer van plante en voortplantingsmateriaal [Inskrywing vervang deur R. 256 van 14 Februarie 1986] ........................................................................41 - 45 Hoofstuk X: Ondersoek en monsterneming van saad .......................... ................... 46 - 48 Hoofstuk XI: Ondersoek en monsterneming van plante en
voortplantingsmateriaal Hoofstuk XII: Algemeen ................ ................................................................. . 52 58
BYLAES Bylae A: . . . . . [Inskrywing geskrap deur R. 2119 van 24 Julie 1992] Bylae B: . . . . . [Inskrywing geskrap deur R. 2119 van 24 Julie 1992]Bylae C: . . . . . [Inskrywing geskrap deur R. 2119 van 24 Julie 1992]Bylae D: Verklaring betreffende plante en voortplantingsmateriaal wat ten opsigte van 'n variėteit ingedien word [Inskrywing vervang deur R. 2496 van 9 Desember 1988] Bylae E: . . . . . [Inskrywing vervang deur R. 1287 van 14 Junie 1985 en geskrap deur R. 2119 van 24 Julie 1992]Bylae F: . . . . . [Inskrywing geskrap deur R. 2119 van 24 Julie 1992]Bylae G: Monsternemingsertifikaat ten opsigte van saad Bylae H: Verslag van toets, ondersoek of ontleding van saad [Inskrywing vervang deur R. 1287 van 14 Junie 1985] Bylae I: Monsternemingsertifikaat ten opsigte van plante en ander voortplantingsmateriaal as saad [Inskrywing vervang deur R. 1287 van 14 Junie 1985] Bylae J: Verslag van toets, ondersoek of ontleding van plante en ander voortplantingsmateriaal as saad [Inskrywing vervang deur R. 1287 van 14 Junie 1985] Bylae K: Aansoek om 'n sertifikaat ten opsigte van besonderhede/afskrif van 'n dokument Bylae L: Verklaring betreffende plante en voortplantingsmateriaal ingevoer vir onmiddellike uitvoer of vir ander doeleindes as verbouing [Inskrywing ingevoeg deur R. 1287 van 14 Junie 1985 en vervang deur R. 2496 van 9 Desember 1988] Bylae M: . . . . . [Inskrywing ingevoeg deur R. 256 van 14 Februarie 1986 en geskrap deur R. 2119 van 24 Julie 1992]
TABELLE Tabel 1: Gelde betaalbaar Tabel 2: Bepalings betreffende die erkenning van variėteite Tabel 3: Besonderhede betreffende variėteite wat gepubliseer moet word Tabel 4: Bepalings betreffende saad en saadmonsters Tabel 5: Plekke van binnekoms en adresse vir indiening van verklarings Tabel 6: Verbode onkruidsaad Tabel 7: Verbode insekte [Inskrywing ingevoeg deur R. 1389 van 26 Junie 1987] Tabel 8: Variėteite ten opsigte waarvan sertifisering vereis word [Inskrywing ingevoeg deur R. 2496 van 9 Desember 1988]
WOORDOMSKRYWING 1. Tensy uit die samehang anders blyk, het woorde en uitdrukkings in hierdie regulasies dieselfde betekenis as deur die Wet daaraan toegeken, en beteken - "ander materiaal" -
[Woordomskrywing vervang deur R. 1590 van 27 Augustus 1993] "ander saad" -
"die Wet" die Plantverbeteringswet, 1976 (Wet 53 van 1976); "houer" -
"insek" enige ongewerwelde lid van die diereryk, ongeag die stadium van sy ontwikkeling; "landboumiddel" 'n landboumiddel wat ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947), geregistreer is; "lot" 'n hoeveelheid plante of voortplantingsmateriaal waarvan die eienskappe homogeen is in die mate deur die Wet en hierdie regulasies en, indien van toepassing, die betrokke skema, vereis word; "lotnommer" die kodenommer wat iemand vir doeleindes van identifikasie aan 'n besondere lot plante of voortplantingsmateriaal toegewys het, en wat verskil van die lotnommer wat deur hom aan enige ander lot plante of voortplantingsmateriaal toegewys is; "mengsel", met betrekking tot saad, 'n lot wat uit saad van verskillende soorte of variėteite plante bestaan wat, met die oog op die bruikbaarheid daarvan vir landboudoeleindes, verkry is deur sodanige voortplantingsmateriaal in 'n besondere verhouding te vermeng, maar nie ook 'n grasperkmengsel nie; "omhulde saad", saad wat met die een of ander stof omhul is ten einde plant of vestiging te vergemaklik; [Woordomskrywing ingevoeg deur R. 1590 van 27 Augustus 1993] "onaktiewe stof", met betrekking tot saad, alle materiaal uitgesonderd ander saad en suiwer saad wat daarin teenwoordig is; [Woordomskrywing ingevoeg deur R. 1621 van 22 Julie 1983] "onkruidsaad" saad van 'n soort plant wat nie vir verbouing in die Republiek aangewend word nie; [Woordomskrywing ingevoeg deur R. 1287 van 14 Junie 1985] "plek van binnekoms" 'n plek waardeur plante en voortplantingsmateriaal ingevolge artikel 26 van die Wet in die Republiek ingevoer mag word; "saad" saad wat voortplantingsmateriaal is; "soorteg" met betrekking tot 'n plant van 'n bepaalde soort, dat dit ooreenstem met die beskrywing van 'n plant van die betrokke soort; [Woordomskrywing ingevoeg deur R. 1287 van 14 Junie 1985] "suiwer eenhede omhulde saad", met betrekking tot omhulde saad - onbeskadigde eenhede, eenhede met ooglopende barste of krake en beskadigde eenhede wat groter as die helfte van die oorspronklike grootte is, ongeag of sodanige eenhede enige saad bevat; [Woordomskrywing ingevoeg deur R. 1590 van 27 Augustus 1993] "suiwer korrels" . . . . . [Woordomskrywing geskrap deur R. 1590 van 27 Augustus 1993] "suiwer saad", met betrekking tot saad van 'n besondere soort, alle heel sade van daardie soort en gedeeltes daarvan wat groter as die helfte van die oorspronklike groottte is; [Woordomskrywing ingevoeg deur R. 1621 van 22 Julie 1983] "variėteitseg", met betrekking tot -
"verbode onkruidsaad" saad van die soorte plante in Tabel 6 hiervan aangedui; en "verkorrelde saad", . . . . . [Woordomskrywing geskrap deur R. 1590 van 27 Augustus 1993] "visueel vry", met betrekking tot die voorkoms van 'n insek of 'n patogeen op 'n plant, dat -
[Woordomskrywing ingevoeg deur R. 1287 van 14 Junie 1985 en gewysig deur R. 1489 van 11 Julie 1986]
HOOFSTUK I REGISTRASIE VAN ONDERNEMINGS Aansoek om registrasie 2.(1) 'n Aansoek om die registrasie van 'n perseel ten opsigte van 'n besigheid moet op die vorm gedoen word wat vir die doel van die Registrateur verkrygbaar is. [Subregulasie (1) vervang deur R. 1638 van 12 Julie 1991] (2) 'n Afsonderlike aansoek moet aldus ten opsigte van elke afsonderlike perseel ingedien word, en elke sodanige aansoek moet -
[Paragraaf (b) vervang deur R. 1976 van 22 Desember 1995] Hernuwing van registrasie 3.(1) 'n Aansoek om die hernuwing van 'n registrasie moet op die vorm gedoen word wat vir die doel van die Registrateur verkrygbaar is. [Subregulasie (1) vervang deur R. 1638 van 12 Julie 1991] (2) So 'n vorm moet vergesel gaan van die hernuwingsgeld in item 2(b) van Tabel 1. [Subregulasie (2) vervang deur R. 1976 van 22 Desember 1995] (3). . . . . [Subregulasie (3) vervang deur R. 1621 van 22 Julie 1983 en geskrap deur R. 1638 van 12 Julie 1991] Terugsending van sertifikaat van registrasie 4. Die sertifikaat van registrasie of nuwe sertifikaat van registrasie wat ingevolge artikel 7(3) of 9(4) van die Wet, na gelang van die geval, uitgereik is, moet aan die registrateur teruggestuur word binne 30 dae na die datum waarop - [Die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan vervang deur R. 1621 van 22 Julie 1983]
HOOFSTUK II VEREISTES BETREFFENDE ONDERNEMINGS Vereistes vir kwekerye 5.(1) 'n Perseel waarop die besigheid van 'n kwekery voortgesit word, kan as 'n onderneming geregistreer en die registrasie daarvan hiernieu word indien -
[Woorde wat subparagraaf (i) voorafgaan vervang deur R. 1287 van14 Junie 1985]
(c) die plek waar plante op die betrokke perseel verkoop word -
(d) plante wat gehou word vir verkoop of, in die geval waar sodanige plante in bondels verpak is, elke afsonderlike bondel, voorsien word van 'n etiket waarop die inligting in subregulasies (1) en (2) van regulasie 35 bedoel, aangedui word. [Paragraaf (d) ingevoeg deur R. 1287 van 14 Junie 1985 en vervang deur R. 1389 van 26 Junie 1987] (2) . . . . . [Paragraaf (2) ingevoeg deur R. 1287 van 14 Junie 1985 en geskrap deur R. 1389 van 26 Junie 1987] (3) Ondanks die bepalings van subregulasie (1) word 'n perseel in daardie subregulasie bedoel, waar vegetatiewe materiaal vir verkoop gekweek word of verkoop word, of aangewend word vir die kweek van plante van die soorte in subregulasies (2), (3) en (4) van regulasie 31 vermeld, as 'n onderneming geregistreer slegs indien daardie vegetatiewe materiaal van plante verkry is wat gedurende die aktiewe groei daarvan deur die registrateur ondersoek is.
Vereistes vir besighede waar voortplantingsmateriaal skoongemaak word 6. 'n Perseel waarop die besigheid van die skoonmaak van voortplantingsmateriaal vir verkoop voortgesit word, kan as 'n onderneming geregistreer en die registrasie daarvan hernieu word indien -
Vereistes vir besighede waar voortplantingsmateriaal voorafverpak word 7. 'n Perseel waarop die besigheid van die voorafverpakking van voortplantingsmateriaal vir verkoop voortgesit word, kan as 'n onderneming geregistreer en die registrasie daarvan hernieu word indien -
Vereistes vir besighede waar voortplantingsmateriaal verkoop word 8. 'n Perseel waarop die besigheid van die verkoop van voortplantingsmateriaal voortgesit word kan as 'n onderneming geregistreer en die registrasie daarvan hernieu word indien -
Vereistes vir toetslaboratoriums 8A.(1) 'n Perseel waarop die besigheid van 'n toetslaboratorium voortgesit word, kan as 'n onderneming geregistreer en die registrasie daarvan hernieu word indien -
(2) Die toets, ondersoek of ontleding van monsters van plante en voortplantingsmateriaal by 'n toetslaboratorium wat as 'n onderneming geregistreer is -
(3) Die registrateur kan vereis dat die eienaar of okkupant van 'n toetslaboratorium wat as 'n onderneming geregistreer is, kontroletoetse ooreenkomstig die opdragte wat die registrateur uitreik, met monsters van plante en voortplantingsmateriaal uitvoer. (4) Die eienaar of okkupant van 'n toetslaboratorium wat as 'n onderneming geregistreer is, moet 'n verslag wat aan die vereistes in regulasie 12A(1) bedoel, voldoen, in verband met die toets, ondersoek of ontleding van elke monster uitreik aan die persoon deur wie daardie monster ingedien is. (5) Die eienaar of okkupant van 'n toetslaboratorium wat as 'n onderneming geregistreer is, moet 'n hoeveelheid van elke monster wat aldaar getoets, ondersoek of ontleed is wat voldoende is ten einde daardie toets, ondersoek of ontleding te herhaal -
(6) Die eienaar of okkupant van 'n toetslaboratorium vir saad wat as 'n onderneming geregistreer is, moet -
[Subregulasie (6) ingevoeg deur R. 1590 van 27 Augustus 1993] [Regulasie 8A ingevoeg deur R. 1621 van 22 Julie 1983 en vervang deur R. 2119 van 24 Julie 1992]
HOOFSTUK III AANTEKENINGE WAT BY ONDERNEMINGS GEHOU MOET WORD Aantekeninge by kwekerye 9. Die eienaar of okkupant van 'n onderneming waar die besigheid van 'n kwekery voortgesit word, moet ten opsigte van elke lot plante wat vir verkoop gekweek is, volledige aantekeninge hou van -
[Regulasie 9 gewysig en vervang deur R. 1287 van 14 Junie 1985; R. 1389 van 26 Junie 1987; en R. 1590 van 27 Augustus 1993] Aantekeninge by besighede waar voortplantingsmateriaal skoongemaak word 10. Die eienaar of okkupant van 'n onderneming waar die besigheid van die skoonmaak van voortplantingsmateriaal vir verkoop voortgesit word, moet ten opsigte van alle saad wat daar hanteer word, volledige aantekeninge hou van
Aantekeninge by besighede waar voortplantingsmateriaal voorafverpak word 11. Die eienaar of okkupant van 'n onderneming waar die besigheid van die voorafverpakking van voortplantingsmateriaal vir verkoop voortgesit word, moet ten opsigte van elke lot voortplantingsmateriaal wat daar hanteer word, volledige aantekeninge hou van -
Aantekeninge by besighede waar voortplantingsmateriaal verkoop word 12. Die eienaar of okkupant van 'n onderneming waar die besigheid van die verkoop van voortplantingsmateriaal voortgesit word, moet ten opsigte van elke lot voortplantingsmateriaal, uitgesonderd voorafverpakte voortplantingsmateriaal, wat daar hanteer word, volledige aantekeninge hou van -
Aantekeninge by toetslaboratoriums 12A.(1) Die eienaar of okkupant van 'n onderneming waar die besigheid van 'n toetslaboratorium voortgesit word, moet ten opsigte van elke monster van plante en voortplantingsmateriaal wat aldaar hanteer word, 'n verslag opstel wat minstens die volgende besonderhede bevat:
[Paragraaf (B) vervang deur R. 174 van 10 Februarie 1995] (C) die aantal dae waarin die kieming behaal is; (D) voginhoud, uitgedruk as 'n persentasie volgens massa; en (E) enige opmerkings wat die persoon wat die toets, ondersoek of ontleding uitgevoer het, in verband met die betrokke resultaat will maak. (2) So 'n eienaar of okkupant moet 'n afskrif van elke sodanige verslag hou. [Regulasie 12A ingevoeg deur R. 1621 van 22 Julie 1983 en vevang deur R. 2119 van 24 Julie 1992] Hou van gesamentlike aantekeninge 13. Ondanks die bepalings van regulasies 10, 11 en 12, kan die aantekeninge wat ingevolge daardie regulasies ten opsigte van 'n lot voortplantingsmateriaal gehou moet word, vir sover die aard daarvan dit toelaat, gesamentlik gehou word indien daardie lot deur afsonderlike besighede wat op dieselfde perseel geleė is, hanteer word. Bewaring van aantekeninge 14. Aantekeninge gehou ingevolge hierdie regulasies moet by die perseel van die betrokke onderneming, of sodanige ander plek as wat die registrateur op aansoek goedkeur, bewaar word tot minstens drie jaar na die datum waarop die betrokke lot verwyder, gelewer, voorafverpak of uitverkoop is of die betrokke monster getoets, ondersoek of ontleed is, na gelang van die geval. [Regulasie 14 vervang deur R. 1621 van 22 Julie 1983] Verstrekking van opgawes 15. Die eienaar of okkupant van 'n onderneming moet binne 30 dae na die datum waarop die registrateur hom skriftelik aldus versoek het, 'n skriftelike opgawe aan die registrateur verstrek waarin aangedui word -
HOOFSTUK IV ERKENNING VAN VARIĖTEITE Aansoek om erkenning van variėteite 16.(1) 'n Aansoek om die erkenning van 'n variėteit van 'n soort plant in kolom 1 van Tabel 2 aangedui, vir aantekening in die variėteitslys moet -
[Paragraaf (a) vervang deur R. 1638 van 12 Julie 1991]
[Paragraaf (b) vervang deur R. 1976 van 22 Desember 1995] (2) Indien die registrateur 'n benaming ten opsigte van die betrokke variėteit ingevolge artikel 17(3) van die Wet voorgestel, as ongeskik beskou, moet 'n vertaling daarvan of 'n ander geskikte benaming deur die betrokke applikant voorgelź word binne twee maande na die datum waarop die registrateur hom skriftelik aldus gelas het. Oorweging en ondersoek van aansoeke 17.(1) Die ondersoekgeld wat ingevolge artikel 18(3) van die Wet betaalbaar is vir die doeleindes van toetse en proewe wat die registrateur met 'n variėteit van 'n soort plant in kolom 1 van Tabel 2 aangedui onderneem, is soos in item 3(b) van Tabel 1 aangedui: Met dien verstande dat indien 'n aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg ingevolge die Wet op Planttelersregte, 1976 (Wet 15 van 1976), en 'n aansoek in regulasie 16 vermeld, met betrekking tot dieselfde variėteit gelyktydig ingedien word, en die toepaslike gelde ingevolge voormelde Wet betaal is, sodanige ondersoekgeld R1 is. [Subregulasie (1) vervang deur R. 1522 van 12 Julie 1985 en gewysig deur R. 1976 van 22 Desember 1995] (2) Die koste wat ingevolge artikel 18(4) van die Wet betaalbaar is, word bereken teen die wisselkoers tussen die geldeenhede van die Republiek en die betrokke land op die datum waarop betaling aan die betrokke toepaslike gesag gemaak is. (3) Die plante en voortplantingsmateriaal wat ingevolge artikel 18(3) van die Wet voorsien moet word vir die doeleindes van toetse en proewe met 'n variėteit van 'n soort plant in kolom 1 van Tabel 2 aangedui, moet -
[Paragraaf (a) geskrap deur R. 2496 van 9 Desember 1988] (b) vergesel wees van 'n verklaring in die vorm in Bylae D uiteengesit; (c) vir drie agtereenvolgende jare volgende op die jaar waarin toetse en proewe met die betrokke variėteit begin is, voorsien word tensy -
(c) gedurende sodanige agtereenvolgende jare van opeenvolgende generasies of samestellings van die betrokke variėteit wees. [Subregulasie (3) gewysig deur R. 2496 van 9 Desember 1988] [Regulasie 17 vervang deur R. 1621 van 22 Julie 1983] Aanvangsdatum vir toetse en proewe 18. Indien 'n aansoek om die erkenning van 'n variėteit van 'n bepaalde soort plant voor die aanvang van 'n bepaalde erkende groeiseisoen vir daardie variėteit ingedien is, begin die toetse en proewe met so 'n variėteit ingevolge artikel 18 van die Wet slegs gedurende daardie groeiseisoen indien die toepaslike ondersoekgeld, plante en voortplantingsmateriaal in regulasie 17 bedoel, onderskeidelik betaal en voorsien is voor of op die datum wat die registrateur vir die betrokke soort plant bepaal het. [Regulasie 18 vervang deur R. 1621 van 22 Julie 1983 en gewysig deur R. 2496 van 9 Desember 1988] Erkenning van variėteite 19.(1) Die tydperk wat ingevolge aritkel 20(2)(c)(iii) van die Wet vereis word vir die erkenning van 'n variėteit van 'n soort plant in kolom 1 van Tabel 2 aangedui, wat ook ingevolge artikel 22 van die Wet geėvalueer word, is soos in kolom 3 van vermelde tabel teenoor die naam van die betrokke soort aangedui. [Subregulasie (1) vervang deur R. 1621 van 22 Julie 1983 en R. 1522 van 12 Julie 1985] (2) Die besonderhede in paragraaf 1 van Tabel 3 aangedui aangaande die erkenning van 'n variėteit moet ingevolge artikel 20(3) van die Wet gepubliseer word. Variėteite in die variėteitslys ingesluit 19A. Die toepaslike besonderhede in paragraaf 3 van Tabel 3 van die Regulasies aangaande die variėteite wat in die variėteitslys ingesluit is, moet ingevolge aritkel 15(6) van die Wet gepubliseer word. [Regulasie 19A ingevoeg deur R. 1638 van 12 Julie 1991] Wysigings of aanvullings aan of skrappings uit variėteitslys 20. Die toepaslike besonderhede in paragraaf 2 van Tabel 3 aangedui, aangaande wysigings aan, aanvullings tot of skrappings uit die variėteitslys moet ingevolge artikel 21(3) van die Wet gepubliseer word. Aansoek om die wysiging of aanvulling van die benaming van 'n variėteit 20A. Behoudens die bepalings van regulasie 20, moet 'n aansoek om die wysiging of aanvulling van die benaming wat goedgekeur is vir 'n variėteit, vergesel gaan van die geld in paragraaf 3(c) van Tabel 1 van die Regulasies aangedui. [Regulasie 20A ingevoeg deur R. 1011 van 1 Augustus 1997]
HOOFSTUK V VEREISTES BETREFFENDE SAAD Maksimum massa van lotte saad 21. Die massa van 'n lot saad van 'n soort plant in kolom 1 van Tabel 2 aangedui, mag nie die massa in kolom 12 van voormelde Tabel teenoor die naam van die betrokke soort aangedui, oorskry nie. [Regulasie 21 gewysig deur R. 1590 van 27 Augustus 1993 en R. 174 van 10 Februarie 1995]
Vereistes vir saad wat nie gesertifiseer is nie 22. Behoudens die bepalings van regulasie 24, mag saad van 'n soort plant in kolom 1 van Tabel 4 aangedui, wat nie gesertifiseer of voorafverpak is nie, sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word indien - [Woorde wat paragraaf (a) voorafgaan vervang deur R. 86 van 22 Januarie 1988]
[Paragraaf (a) gewysig deur R. 1590 van 27 Augustus en vervang deur R. 174 van 10 Februarie 1995] (b) die persentasie ontkieming of lewenskragtigheid, waar van toepassing, van daardie saad gelyk aan of meer is as die in kolom 6 of 7, waar van toepassing, van voormelde Tabel teenoor die naam van die betrokke soort aangedui; [Paragraaf (b) gewysig deur R. 1590 van 27 Augustus en vervang deur R. 174 van 10 Februarie 1995] (c) daardie saad variėteitseg is; (d) geen verbode onkruidsaad in daardie saad teenwoordig is nie; en (e) daardie saad homogeen is. Vereistes vir saadmengsels 23. Saad wat 'n mengsel van saad van verskillende soorte plante of van variėteite van sodanige soorte is, wat nie gesertifiseer is nie, mag sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word indien -
[Paragraaf (a) gewysig deur R. 2496 van 9 Desember 1988, R. 1590 van 27 Augustus 1993 en R. 1207 van 1 Desember 2000] (b) in die geval van 'n ander mengsel as dié in paragraaf (a) vermeld, die persentasies ander materiaal en ander saad in daardie mengsel onderskeidelik nie 10 persent en 0,3 persent oorskry nie; (c) die persentasie ontkieming of lewenskragtigheid, waar van toepassing, van elkeen van die soorte of variėteite saad in daardie mengsel teenwoordig, gelyk aan of meer is as dié in kolom 6 of 7 van voormelde Tabel teenoor die naam van die betrokke soort aangedui; [Paragraaf (c) gewysig deur R. 1590 van 27 Augustus 1993 en vervang deur R. 174 van 10 Februarie 1995] (d) die saad van elkeen van die variėteite in daardie mengsel teenwoordig, variėteitseg is; (e) geen verbode onkruidsaad in daardie mengsel teenwoordig is nie; en (f) daardie mengsel homogeen is. Sertifisering van voortplantingsmateriaal van sekere variėteite word vereis 24. Voortplantingsmateriaal van 'n soort plant in kolom 1 van Tabel 8 aangedui, wat van 'n variėteit in kolom 2 van gemelde Tabel daarteenoor aangedui is, mag vanaf die datum in kolom 3 van gemelde tabel daarteenoor aangedui, slegs sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word indien daardie voortplantingsmateriaal ingevolge 'n Sertifiseringskema ingestel by artikel 23 van die Wet gesertifiseer is. [Regulasie 24 herroep deur R. 1287 van 14 Junie 1985, ingevoeg deur R. 86 van 22 Januarie 1988 en vervang deur R. 866 van 3 Julie 1998]
Vereistes vir voorafverpakte saad 25. Behoudens die bepalings van regulasie 24, kan voorafverpakte saad van 'n soort plant in kolom 1 van Tabel 4 aangedui, sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word, indien - [Woorde wat paragraaf (a) voorafgaan vervang deur R. 86 van 22 Januarie 1988]
[Paragraaf (a) gewysig deur 27 Augustus 1993 en vervang deur R. 174 van 10 Februarie 1995] (b) die persentasie ontkieming of lewenskragtigheid, waar van toepassing, van daardie saad, of in die geval van 'n mengsel, van elkeen van die soorte of variėteite saad daarin teenwoordig, gelyk aan of meer is as dié in kolom 6 of 7, waar van toepassing, van voormelde Tabel teenoor die naam van die betrokke soort aangedui; [Paragraaf (b) gewysig deur R. 1590 van 27 Augustus 1993]
Vereistes vir saad wat gesertifiseer is 26.(1) Saad wat gesertifiseer is, mag sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word met 'n aanduiding of dit aldus gesertifiseer is indien -
(2) Indien die bepalings van subregulasie (1) nie ten opsigte van saad wat gesertifiseer is, nagekom kan word nie, mag daardie saad sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word slegs indien -
Maksimum massa van voorafverpakte saad 27. Die maksimum massa saad van 'n soort plant in kolom 1 van Tabel 4 aangedui, wat per houer voorafverpak mag word, mag, met inagneming van die bepalings van die Wet op Handelsmetrologie, 1973 (Wet No. 77 van 1973), nie die massa in kolom 8 van die voormelde Tabel teenoor die betrokke soort aangedui, oorskry nie. [Regulasie 27 vervang deur R. 1590 van 27 Augustus 1993 en R. 174 van 10 Februarie 1995]
Goedkeuring van lusernsaad 28. . . . . . [Regulasie 28 herroep deur R. 1287 van 14 Junie 1985] Toelaatbare toleransie ten opsigte van die aanduiding van ontkiemings- of lewenskragtigheidsgroepe 29.(1) Die ontkiemings- of lewenskragtigheidspersentasiegroepe wat ingevolge regulasie 36(1)(d) op 'n houer of etiket aan 'n houer aangedui moet word, word as korrek aanvaar indien -
by 'n vergelyking daarvan, die toleransie, wat van 'n toepaslike toets, ondersoek of ontleding voorsien is, nie oorskry word nie. (2) Die toleransiereėl, soos in subregulasie (1) bedoel, sal slegs toegepas word indien die werklike persentasie ontkieming of lewenskragtigheid in subregulasie 1(a) bedoel, verkry is van 'n toetsverslag wat ooreenkomstig die bepalings van regulasie 12A(1) opgestel is en sodanige toetsverslag ter insae aan die registrateur, 'n beampte of gemagtigde persoon, beskikbaar gestel is. [Regulasie 29 gewysig deur R. 1287 van 14 Junie 1985 en vervang deur R. 1590 van 27 Augustus 1993, R. 513 van 18 Maart 1994 en R. 97 van 24 Januarie 1997]
HOOFSTUK VI VEREISTES BETREFFENDE PLANTE EN VOORTPLANTINGSMATERIAAL UITGESONDERD SAAD Maksimum aantal gesertifiseerde plante in lotte 30. . . . . . [Regulasie 30 herroep deur R. 1287 van 14 Junie 1985]
Vereistes vir plante wat nie gesertifiseer is nie 31.(1) Behoudens die bepalings van subregulasies (2), (3) en (4) mag 'n plant wat nie gesertifiseer is nie, sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word indien -
[Subparagraaf (ii) gewysig deur R. 1489 van 11 Julie 1986]
(b) in die geval van 'n plant in subregulasies (2), (3) en (4) bedoel, sodanige plant of vegetatiewe materiaal wat vir die kweek van 'n plant aangewend word, afkomstig is van 'n onderneming wat kragtens die Wet as 'n kwekery geregistreer is; (c) in die geval van Vitis spp., elke onderstokentloot, onderstokplantloot, onderstok van 'n geėnte plant en gewortelde onderstokplant afkomstig is van 'n moederaanplanting wat slegs vir die produksie van onderstokke verbou word en op 'n perseel geleė is wat as 'n onderneming geregistreer is; (d) waar toepaslik -
(2) 'n Plant van Citrus spp., Fortunella spp., Poncirus spp. en enige kruising van sodanige plante, wat nie gesertifiseer is nie, mag sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word indien -
[Subparagraaf (ii) vervang deur R. 86 van 22 Januarie 1988 en R. 513 van 18 Maart 1994] (iii) die verskil in deursnee van die bostam en die onderstam van sodanige plant 50 mm bokant en 50 mm onderkant die ent- of okuleerlas nie 5,0 mm oorskry nie; en [Paragraaf (c) vervang deur R. 513 van 18 Maart 1994] (d) in die geval van 'n kwekeryplant wat nie geėnt of geokuleer is nie, sodanige plant minstens 'n lengte van 350 mm bo die grond is. [Paragraaf (d) vervang deur R. 513 van 18 Maart 1994]
(3) 'n Plant van Malus spp., Prunus armeniaca L., Prunus avium L., Prunus cerasus L., Prunus domestica L., Prunus persica Batsch, Prunus salinica Lindl of Pyrus communis L. wat nie gesertifiseer is nie, mag sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word indien -
[Engelse weergawe van subparagraaf (ii) verbeter deur R. 1524 van 12 Julie 1985]
(e) in die geval van 'n appelsaailing of appelaflźer -
(f) in die geval van 'n kwekeryplant -
[Subparagraaf (vi) vervang deur R. 2496 van 9 Desember 1988]
[Subparagraaf (xi) vervang deur R. 2496 van 9 Desember 1988] Met dien verstande dat hierdie subregulasie nie op sierplante van Malus spp., Prunus spp. en Pyrus spp. van toepassing is nie. (4) 'n Plant van Vitis spp. wat nie gesertifiseer is nie, mag sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word indien -
Met dien verstande dat hierdie subregulasie nie op sierplante van Vitis spp. van toepassing is nie. (5) Die bepalings van regulasie 29 is mutatis mutandis van toepassing op die toelaatbare toleransie tussen die vereiste eienskappe van plante in hierdie regulasie vermeld, en die uitslag van 'n toets, ondersoek of ontleding vir elke sodanige eienskap. [Regulasie 31 vervang deur R. 1287 van 14 Junie 1985]
Vereistes vir aartappelknolle wat nie gesertifiseer is nie 31A. Aartappelknolle wat nie gesertifiseer is nie kan sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word indien sodanige knolle variėteitseg is. [Regulasie 31A ingevoeg deur R. 2496 van 9 Desember 1988]
Vereistes vir plante en voortplantingsmateriaal wat gesertifiseer is 32.(1) Plante en ander voortplantingsmateriaal as saad, wat gesertifiseer is, kan sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word met 'n aanduiding dat dit aldus gesertifiseer is indien -
(2) Indien die bepalings van subregulasie (1) nie ten opsigte van 'n lot plante of voortplantingsmateriaal wat ingevolge 'n skema gesertifiseer is, nagekom kan word nie, mag geen melding van enige aard voor, tydens of na die verkoop van daardie plante of voortplantingsmateriaal gemaak word van die feit dat dit vir sertifisering aangebied is of aldus gesertifiseer is nie. (3) Die bepalings van regulasie 29 is mutatis mutandis van toepassing ten opsigte van plante en voortplantingsmateriaal in hierdie regulasie vermeld.
HOOFSTUK VII HOUERS VAN VOORTPLANTINGSMATERIAAL Vereistes vir houers 33. 'n Houer waarin -
[Regulasie 33 vervang deur R. 1287 van 14 Junie 1985]
Verseėling van houers van voorafverpakte voortplantingsmateriaal 34.(1) 'n Houer waarin voortplantingsmateriaal voorafverpak is, moet by die onderneming waar dit voorafverpak is, verseėl word op so 'n wyse dat toegang tot die betrokke voortplantingsmateriaal verkry kan word slegs deur daardie verseėling of die betrokke houer te breek. (2) Wanneer die verseėling van 'n houer waarin voortplantingsmateriaal voorafverpak is of die betrokke houer om ander redes as monsterneming ingevolge artikel 25 van die Wet gebreek is, word daardie voortplantingsmateriaal nie geag voorafverpak te gewees het nie.
HOOFSTUK VIII MERK EN ETIKETTERING VAN PLANTE EN VOORTPLANTINGSMATERIAAL Merk en etikettering van plante 35.(1) Behoudens die bepalings van subregulasie (4) moet 'n plant wat sonder 'n magtiging in artikel 13 van die Wet bedoel, verkoop word, voorsien wees van 'n etiket waarop in duidelike leesbare simbole, letters en syfers aangedui word - [Woorde wat paragraaf (a) voorafgaan, vervang deur R. 1287 van 14 Junie 1985]
[Paragraaf (c) vervang deur R. 1287 van 14 Junie 1985]
[Paragraaf (e) ingevoeg deur deur R. 1590 van 27 Augustus 1993] (2) Indien 'n plant in subregulasie (1) vermeld, gesertifiseer is, moet die etiket ten opsigte van daardie plant ook -
[Paragraaf (a) geskrap deur R. 1590 van 27 Augustus 1993]
(3) Die toepaslike inligting in subregulasies (1) en (2) vermeld -
[Subregulasie (3) vervang deur R. 1389 van 26 Junie 1987] (4) Die bepalings van subregulasie (1) is nie van toepassing nie op die verkoop van plante wat in houers gekweek en op groot skaal direk aan 'n produsent vir kommersiėle aanplanting verskaf word: Met dien verstande dat
[Subregulasie (4) ingevoeg deur R. 1287 van 14 Junie 1985 en vervang deur R. 1389 van 26 Junie 1987]
Merk en etikettering van saad wat nie gesertifiseer is nie 36.(1) 'n Houer waarin saad in regulasies 22 en 24 vermeld, wat nie gesertifiseer of voorafverpak is nie, verkoop word, moet in duidelik leesbare simbole, letters en syfers gemerk wees met, of voorsien wees van 'n etiket waarop insgelyks aangedui word -
[Paragraaf (d) vervang en gewysig deur deur R. 1287 van 14 Junie 1985; R. 2496 van 9 Desember 1988; R. 1590 van 27 Augustus 1993; en R. 174 van 10 Februarie 1995] (e) die naam en adres van die onderneming waar daardie saad verkoop word: Met dien verstande dat waar daardie saad herverkoop word, die naam en adres van die onderneming waarvandaan dit verkry is, ook, of in plaas daarvan aangedui kan word. (2) Benewens die inligting in subregulasie (1) vermeld -
[Paragraaf (a) geskrap deur R. 1976 van 22 Desember 1995 en ingevoeg deur R. 1177 van 19 Julie 1996]
[Paragraaf (c) vervang deur R. 1590 van 27 Augustus 1993]
[Paragraaf (d) vervang deur R. 1590 van 27 Augustus 1993]
Merk en etikettering van houers van aartappelknolle wat nie gesertifiseer is nie 36A. 'n Houer waarin aartappelknolle wat nie gesertifiseer is nie, verkoop word, moet in duidelik leesbare simbole, letters en syfers gemerk wees met, of voorsien wees van 'n etiket waarop insgelyks aangedui word -
[Regulasie 36A ingevoeg deur R. 2496 van 9 Desember 1988]
Merk en etikettering van saadmengsels 37. 'n Houer waarin 'n saadmengsel in regulasie 23 bedoel, wat nie voorafverpak is nie, verkoop word, moet in duidelik leesbare simbole, letters en syfers gemerk wees met, of voorsien wees van 'n etiket waarop insgelyks aangedui word -
[Paragraaf (d) gewysig deur R. 174 van 10 Februarie 1995]
[Paragraaf (f) vervang deur R. 1590 van 27 Augustus 1993]
Merk en etikettering van voorafverpakte saad 38.(1) 'n Houer waarin saad in regulasie 25 vermeld, wat voorafverpak is, verkoop word, moet in duidelik leesbare simbole, letters en syfers gemerk wees met, of voorsien wees van 'n etiket waarop insgelyks aangedui word -
[Paragraaf (c) gewysig deur R. 1590 van 27 Augustus 1993 en vervang deur R. 1177 van 19 Julie 1996] (2) Behoudens die bepalings van subregulasie (1) kan 'n aanduiding betreffende persentasie ontkieming, persentasie lewenskragtigheid of werklike persentasie suiwersaad op die houer waarin voorafverpakte saad verkoop word, of op die etiket wat aan so 'n houer geheg is, verskyn: Met dien verstande dat die datum waarop die betrokke saad getoets is in duidelike leesbare letters op die houer of op die etiket aangebring word. [Subregulasie (2) vervang deur R. 1590 van 27 Augustus 1993 en R. 1177 van 19 Julie 1996] (3) Indien sodanige saad gesertifiseer is, moet die woorde "Suid-Afrikaanse Gesertifiseerde Saad" of "South African Certified Seed" en die nommer van die sertifikaat wat ten opsigte van die voortplantingsmateriaal in die betrokke lot uitgereik is, verstrek word indien die netto massa van die saad in die betrokke houer meer is as die massa aangedui in kolom 10 van Tabel 4 of indien die aantal sade in die betrokke houer meer is as die aantal sade aangedui in kolom 11 van Tabel 4 teenoor die naam van die betrokke soort plant. [Subregulasie (3) ingevoeg deur R. 1177 van 19 Julie 1996]
Merk en etikettering van saad wat gesertifiseer is 39.(1) 'n Houer waarin saad wat gesertifiseer is, verkoop word, moet in duidelik leesbare simbole, letters en syfers gemerk wees met, of voorsien wees van 'n etiket waarop insgelyks aangedui word -
(2) Nieteenstaande die bepalings van paragraaf (a) van subregulasie (1) word die aanduiding van die ontkiemingsgroep of lewenskragtigheidsgroep, waar van toepassing, soos bedoel in paragraaf (d) van regulasie 36(1), nie op die houers van gesertifiseerde mieliesaad vereis nie. [Regulasie 39 gewysig en vervang deur R. 1287 van 14 Junie 1985; R. 1590 van 27 Augustus 1993; en R. 174 van 10 Februarie 1995]
Merk en etikettering van houers van aartappelknolle wat gesertifiseer is 39A. 'n Houer waarin aartappelknolle wat gesertifiseer is, verkoop word, moet in duidelik leesbare simbole, letters en syfers gemerk wees met, of voorsien wees van 'n etiket waarop insgelyks aangedui word -
[Regulasie 39A ingevoeg deur R. 2496 van 9 Desember 1988]
Beperkings op aanduidings 40. Behalwe waar die registrateur anders bepaal, mag geen kenmerk, naam, ontwerp, illustrasie, aanduiding of besonderhede op 'n houer waarin 'n plant of voortplantingsmateriaal verkoop word, of op 'n etiket wat aan so 'n plant of houer geheg is, verskyn nie -
HOOFSTUK IX INVOER EN UITVOER VAN PLANTE EN VOORTPLANTINGSMATERIAAL Vereiste vir ingevoerde saad 41. Saad van 'n soort plant in kolom 1 van Tabel 4 vermeld, wat in die Republiek ingevoer word, moet -
[Regulasie 41 gewysig en vervang deur R. 1287 van 14 Junie 1985; R. 2496 van 9 Desember 1988; en R. 174 van 10 Februarie 1995] Vereistes vir ingevoerde aartappelknolle 41A. Aartappelknolle wat in die Republiek ingevoer word, moet variėteitseg wees. [Regulasie 41A ingevoeg deur R. 2496 van 9 Desember 1988]
Vereistes vir ingevoerde aarbeiplante 41B. Aarbeiplante wat in die Republiek ingevoer word, moet variėteitseg wees. [Regulasie 41B ingevoeg deur R. 1638 van 12 Julie 1991]
Merk en etikettering van ingevoerde saad 42. Die bepalings van regulasie 36(1)(a), (b) en (c) en (2)(b), (d) en (e) is mutatis mutandis van toepassing op die besonderhede wat op 'n houer waarin saad in die Republiek ingevoer word, of op 'n etiket wat aan so 'n houer geheg is, moet verskyn: Met dien verstande dat die naam en adres van die onderneming waar daardie saad verkoop word, nie vereis word nie. [Regulasie 42 gewysig deur R. 1976 van 22 Desember 1995]
Merk en etikettering van houers van ingevoerde aartappelknolle 42A. 'n Houer waarin aartappelknolle in die Republiek ingevoer word, moet in duidelik leesbare simbole, letters en syfers gemerk wees met, of voorsien wees van 'n etiket waarop insgelyks aangedui word -
[Regulasie 42A ingevoeg deur R. 2496 van 9 Desember 1988]
Merk en etikettering van houers van ingevoerde aarbeiplante 42B. 'n Houer waarin aarbeiplante in die Republiek ingevoer word, moet in duidelik leesbare simbole, letters en syfers gemerk wees met, of voorsien wees van, 'n etiket waarop insgelyks aangedui word -
[Regulasie 42B ingevoeg deur R. 1638 van 12 Julie 1991]
Plekke van binnekoms 43. Tensy die registrateur ingevolge artikel 26(1)(d) van die Wet op aansoek ten opsigte van 'n besondere besending saad anders bepaal, is die plekke in kolom 1 van Tabel 5 aangedui, plekke van binnekoms waardeur saad in die Republiek ingevoer mag word.
Verklaring betreffende plante en voortplantingsmateriaal ingevoer vir onmiddellike uitvoer of vir ander doeleindes as verbouing 44.(1) 'n Verklaring betreffende elke besending plant en voortplantingsmateriaal wat vir onmiddellike uitvoer of vir ander doeleindes as die verbouing daarvan in die Republiek ingevoer word, moet voor of by die aankoms daarvan in die Republiek deur die persoon wat daardie plant en voortplantingsmateriaal invoer, in die vorm in Bylae L uiteengesit, ingedien word. (2) So 'n vorm ten opsigte van 'n besending plant en voortplantingsmateriaal wat ingevoer word, moet gepos word aan of afgelewer word by die adres in kolom 2 van Tabel 5 vermeld. (3) 'n Besending plant en voortplantingsmateriaal mag van die plek van binnekoms daarvan verwyder word slegs nadat 'n verklaring in subregulasie (1) bedoel, ten opsigte daarvan by die adres in subregulasie (2) bedoel, ontvang is. [Regulasie 44 herroep deur 22 Julie 1983; ingevoeg deur R. 1287 van 14 Junie 1985; en R. 2496 van 9 Desember 1988]
Ondersoek en monsterneming van ingevoerde saad en saad bestem vir uitvoer 45.(1) 'n Saad wat in die Republiek ingevoer word of wat vir uitvoer bestem is, moet vir ondersoek en monsterneming aangebied word op so 'n wyse dat -
[Paragraaf (a) herroep deur R. 1621 van 22 Julie 1983 en ingevoeg deur R. 256 van 14 Februarie 1986]
(2) Saad word slegs gedurende kantoorure ondersoek en bemonster. (3) Wanneer 'n inspeksie van saad ten opsigte waarvan 'n aansoek ingevolge subregulasie 45A(1) gedoen is, onderneem word of monsters van sodanige saad getoets, ondersoek of ontleed word, moet die betrokke aansoeker die toepaslike gelde in items 1(b) en 1(e) van Tabel 1 aangedui, betaal. [Subregulation (3) amended by R. 1976 of 22 December 1995] [Regulation 45 substituted by R. 256 of 14 February 1986]
Aansoek om sertifikaat vir uitvoer van saad 45A.(1) Behoudens die bepalings van subregulasie (3), moet 'n aansoek om 'n sertifikaat wat die uitvoer van saad magtig, op die vorm wat vir die doel by die Registrateur verkrygbaar is, ingedien word. [Subregulasie (1) vervang deur R. 1638 van 12 Julie 1991] (2) 'n Aansoek moet aldus in duplikaat ten opsigte van elke afsonderlike besending saad ingedien word, en elke sodanige aansoek moet -
[Subregulation (2) amended by R. 1700 of 7 Augustus 1987 en R. 1976 van 22 Desember 1995] (3) Die bepalings van artikel 27(1) van die Wet is nie van toepassing op die uitvoer van saad waarvan die massa per soort en variėteit nie 50 kg oorskry nie. [Subregulasie (3) ingevoeg deur R. 1638 van 12 Julie 1991] [Regulasie 45A ingevoeg deur R. 256 van 14 Februarie 1986]
46. . . . . . [Regulasie 46 gewysig deur R. 1621 van 22 Julie 1983 en geskrap deur R. 1638 van 12 Julie 1991]
Beskikbaarheid van saad vir monsterneming 47. Indien -
moet die persoon wat in beheer van die betrokke plek of perseel of, in die geval van saad wat ingevoer is of uitgevoer word, die invoerder of uitvoerder daarvan of sy agent, alle redelike hulp wat die betrokke beampte verlang, verleen ten einde hom in staat te stel om die verlangde monster te neem en die betrokke saad te identifiseer. [Regulasie 47 gewysig deur R. 256 van 14 Februarie 1986]
Sertifikate in verband met monsterneming en ontleding van saad 48.(1) 'n Sertifikaat kragtens artikel 25(3)(b) van die Wet ten opsigte van die monsterneming van 'n lot saad moet in die vorm in Bylae G uiteengesit, ingevul word. (2) Die uitslag van 'n toets, ondersoek of ontleding wat kragtens artikel 25(3)(d) van die Wet met die monster van 'n lot saad uitgevoer is, moet in die vorm in Bylae H uiteengesit, aangeteken word.
HOOFSTUK XI ONDERSOEK EN MONSTERNEMING VAN PLANTE EN VOORPLANTINGSMATERIAAL UITGESONDERD SAAD 49. . . . . . [Regulasie 49 geskrap deur R. 2119 van 24 Julie 1992]
Beskikbaarheid van plante en voortplantingsmateriaal vir monsterneming 50. Die bepalings van regulasie 47 is mutatis mutandis van toepassing op die verlening van redelike hulp wat 'n beampte verlang ten einde hom in staat te stel om 'n monster van plante of ander voortplantingsmateriaal as saad te neem en die betrokke plante of voortplantingsmateriaal te identifiseer.
Sertifikate in verband met monsterneming en ontleding van plante en voortplantingsmateriaal 51.(1) 'n Sertifikaat kragtens artikel 25(3)(b) van die Wet ten opsigte van die monsterneming van 'n lot plante of ander voortplantingsmateriaal as saad moet in die vorm in Bylae I uiteengesit, ingevul word. (2) Die uitslag van 'n toets, ondersoek of ontleding wat kragtens artikel 25(3)(d) van die Wet met die monster van 'n lot plante of ander voortplantingsmateriaal as saad uitgevoer is, moet in die vorm in Bylae J uiteengesit, aangeteken word.
HOOFSTUK XII ALGEMEEN Insae in en afskrifte van dokumente 52.(1) Die bedrag in item 4(a) van Tabel 1 aangedui, is betaalbaar deur iemand wat insae verlang in 'n dokument wat ingevolge die Wet by die registrateur ingedien is en wat, na die oordeel van die registrateur, ter insae van die publiek kan wees. (2) Iemand wat 'n afskrif van 'n dokument in subregulasie (1) bedoel, verlang, moet in die vorm in Bylae K uiteengesit, daarom aansoek doen. (3) So 'n aansoek moet van die aansoekgeld in item 4(b) van Tabel 1 aangedui, vergesel gaan. [Regulasie 52 vervang deur R. 1621 van 22 Julie 1983 en gewysig deur R. 1976 van 22 Desember 1995]
Appčl teen beslissing van of stappe deur registrateur 53.(1) 'n Appčl ingevolge artikel 32 van die Wet moet -
[Paragraaf (a) vervang deur R. 1621 van 22 Julie 1983]
[Paragraaf (d) vervang deur R. 1621 van 22 Julie 1983 en R. 1976 van 22 Desember 1995] (2) 'n Appčl moet -
[Subregulasie (2) vervang en gewysig deur R. 1621 van van 22 Julie 1983 en R. 2119 van 24 Julie 1992]
53A. . . . . . [Regulasie 53A ingevoeg deur R. 256 van 14 Februarie 1986 en geskrap deur R. 76 van 18 Januarie 1991]
Betaling van gelde 54.(1) Enige gelde wat ingevolge hierdie regulasies betaalbaar is, moet per tjek, posorder of poswissel wat ten gunste van die Direkteur-generaal: Landbou, uitgemaak is, betaal word: Met dien verstande dat indien sodanige geld per hand afgelewer word, dit in kontant betaal kan word. [Subregulasie (1) vervang deur R. 1621 van 22 Julie 1983] (2) Behoudens die bepalings van artikel 32(11) van die Wet is gelde wat ingevolge hierdie regulasies betaal is, nie terugbetaalbaar nie.
Adresse vir indiening van dokumente 55.(1) Posgeld op en afleweringskoste van enige aansoek, dokument en appčl wat ingevolge hierdie regulasies ingedien word, asook op of van enigiets in verband daarmee, is vooruitbetaalbaar. (2) Enige sodanige aansoek en dokument, uitgesonderd 'n appčl in regulasie 53 vermeld, moet by die registrateur ingedien word en - [Woorde wat paragraaf (a) voorafgaan vervang deur R. 1621 van 22 Julie 1983]
[Paragraaf (a) vervang deur R. 1590 van 27 Augustus 1993]
[Paragraaf (b) vervang deur R. 2119 van 24 Julie 1992]
Verskaffing en invul van vorms 56.(1) Die vorms in Bylaes D en K uiteengesit, moet op papier van A4-grootte uiteengesit word soos daarin aangetoon, en moet 'n kantruimte van 30 mm aan die linkerkant hź. [Subregulasie (1) vervang en gewysig deur R. 1621 van 22 Julie 1983; R. 256 van 14 Februarie 1986; en R. 2119 van 24 Julie 1992] (2) Sodanige vorms moet verskaf word deur iemand van wie vereis word om dit te gebruik. (3) . . . . . [Subregulasie (3) geskrap deur R. 2119 van 24 Julie 1992] (4) Die vorm in subregulasie (1) vermeld, asook alle ander dokumente en afskrifte van dokumente wat ingevolge die Wet en hierdie regulasies ingedien word, asook aantekeninge wat aldus gehou moet word, moet, tensy die registrateur of die Direkteur-generaal: Landbou, na gelang van die geval, anders gelas, geskryf, getik of gedruk wees - [Woorde wat paragraaf (a) voorafgaan vervang en gewysig deur R. 1621 van 22 Julie 1983 en R. 1590 van 27 Augustus 1993] (a) in een van die amptelike tale van die Republiek; (b) in leesbare letters en syfers met diep permanente swart ink; (c) op sterk wit papier van 'n bevredigende kwaliteit; en (d) op slegs een kant van sodanige papier. Misdrywe en strawwe 57. Iemand wat enige bepaling of vereiste van hierdie regulasies oortree of versuim om daaraan te voldoen, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete van hoogstens tweehonderd rand of gevangenisstraf van hoogstens ses maande. Datum van inwerkingtreding 58. Hierdie regulasies tree in werking op 2 Junie 1980. |