12 September 1986

No. R. 1901

PLANTVERBETERINGSWET, 1976

(Wet 53 van 1976)

TOEPASSING VAN WET

Ek, Gert Jeremias Kotzé, Adjunk-Minister van Landbou-ekonomie, handelende namens die Minister van Landbou-ekonomie kragtens artikel 2 van die Plantverbeteringswet, 1976 (Wet 53 van 1976) –

(a) verklaar hierby dat al die bepalings van genoemde Wet van toepassing is op die saad van plante van die soorte in Bylae A vermeld;

(b) verklaar hierby dat al die bepalings van genoemde Wet behalwe artikel 27 van toepassing is op –

(i) plante van die soorte in Bylae B vermeld, uitgesonderd plante van daardie soorte wat vir sierdoeleindes gebruik word;

[Sub-p. (b)(i) vervang deur R. 2503 van 9 Desember 1988]

(ii) die saad van plante van die soorte in Bylae C vermeld;

(c) verklaar hierby dat al die bepalings van genoemde Wet behalwe artikels 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 14(a) en (c) en 27 van toepassing is op knolle van plante van die soorte in Bylae D vermeld;

[Par. (c) vervang deur R. 2503 van 9 Desember 1988]

(c)A verklaar hierby dat al die bepalings van genoemde Wet behalwe artikels 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 26 en 27 van toepassing is op die knolle en plante van die soorte in Bylae D vermeld wat deur 'n toetslaboratorium getoets, ondersoek en ontleed word;

[Par. (c)A ingevoeg deur R. 1639 van 12 Julie 1991]

(d) verklaar hierby dat al die bepalings van genoemde Wet behalwe artikels 13(1)(a), (b) en (c), 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 26 en 27 van toepassing is op die soorte plante in Bylae E vermeld, en op enige kruising van sodanige plante uitgesonderd plante van soorte wat vir sierdoeleindes gebruik word;

[Par. (d) vervang deur R. 1387 van 26 Junie 1987 en gewysig deur R. 1639 van 12 Julie 1991]

(d)A verklaar hierby dat al die bepalings van genoemde Wet behalwe artikels 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 14 en 27 van toepassing is op die plante van die soorte in Bylae F; en

[Par. (d)A ingevoeg deur R. 1638 van 12 Julie 1991]

(e) herroep hierby Goewermentskennisgewings R. 1062 van 23 Mei 1980, R. 1497 van 5 Julie 1985 en R. 280 of 14 Februarie 1986.

G. J. KOTZÉ

Adjunk-minister van Landbou-ekonomie