|
DEPARTEMENT
VAN LANDBOU
No.
R. 1186
12 September 1997
WET OP PLANTTELERSREGTE,
1976
(WET No. 15 OF 1976)
REGULASIES
BETREFFENDE PLANTTELERSREGTE
Die
Adjunkminister van Landbou, handelende kragtens artikel 44 van die Wet op
Planttelersregte, 1976 (Wet No. 15 van 1976), namens die Minister van
Landbou -
(a)
het die regulasies in die Bylae uitgevaardig;
en
(b)
het die regulasies gepubliseer by Goewermentskennisgewings Nos. R.
2630 van 24 Desember 1980, R. 37 van 6 Januarie 1984, R. 990 van 3 Mei
1985, R. 1588 van 1 Augustus 1986, R. 2349 van 14 November 1986, R 2341
van 16 Oktober 1987, R. 1519 van 14 Julie 1989, R. 1975 van 15 September
1989, R. 1640 van 13 Julie 1990, R. 74 van 18 Januarie 1991, R. 989 van 10
Mei 1991, R. 2415 van 4 Oktober 1991, R. 1493 van 29 Mei 1992, R. 1561 van
20 Augustus 1993, R. 2039 van 29 Oktober 1993, R. 2534 van 31 Desember
1993, R. 368 van 25 Februarie 1994, R. 492 van 18 Maart 1994, R. 1075 van
10 Junie 1994, R. 1452 van 26 Augustus 1994, R. 831 van 9 Junie 1995, R.
997 van 7 Julie 1995, R. 1611 van 20 Oktober 1995, R. 287 van 23 Februarie
1996, R. 1203 van 26 Julie 1996, R. 95 van 24 Januarie 1997 en R. 308 van
28 Februarie 1997, herroep.
Woordomskrywing
1.
Tensy uit die samehang anders blyk, het woorde en uitdrukkings in
hierdie regulasies dieselfde betekenis as in die Wet daaraan toegeken, en
beteken -
"die
Wet" die Wet op Planttelersregte, 1976 (Wet No. 15 van 1976);
en
"Direkteur-generaal"
die Direkteur-generaal: Landbou.
Soorte plante ten opsigte waarvan
planttelersregte toegestaan kan word
2.
'n Planttelersreg waarvan die inhoud en wyse van uitoefening is
soos in die Wet en hierdie regulasies bepaal, kan toegestaan word ten
opsigte van variëteite van die soorte plante in kolom 1 van Tabel 1
aangedui.
Indiening van aansoeke
3.(1)
'n Aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg moet op 'n vorm
wat vir dié doel van die kantore van die registrateur in Pretoria
verkrygbaar is, aan die registrateur voorgelê word.
(2)
So 'n aansoek gaan vergesel van -
(a)
'n beskrywing, op 'n tegniese vraelys wat vir dié doel van die
kantore van die registrateur in Pretoria verkrygbaar is, van 'n tipiese
plant van die betrokke variëteit en van die prosedure wat gevolg moet
word vir die instandhouding en voortplanting van die betrokke variëteit;
(b)
sodanige gekleurde illustrasies wat die registrateur vereis, van 'n
tipiese plant van die betrokke variëteit;
(c)
sodanige voortplantingsmateriaal wat die registrateur vereis, van
'n tipiese plant van die betrokke variëteit;
(d)
skriftelike bewys, waar van toepassing, van die titel of gesag van
die regsverteenwoordiger of agent wat sodanige aansoek indien;
(e)
skriftelike magtiging van die kweker of eienaar van die variëteit
ten opsigte waarvan 'n aansoek om 'n planttelersreg ingedien word;
(f) die
aansoekgeld in item 1 van Tabel 2 aangedui;
en
(g)
die ondersoekgelde soos aangedui in items 4 en 5 van Tabel 2.
Voorrang van aansoeke
4.(1) Indien meer as een aansoek om die
toestaan van 'n planttelersreg ten opsigte van dieselfde variëteit deur
die registrateur ontvang is, verleen die registrateur behoudens die
bepalings van artikel 8(2) van die Wet, voorrang aan die aansoek wat
eerste ontvang is.
(2)
'n Aanspraak om ingevolge artikel 8(2) van die Wet voorrang te
verleen aan 'n aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg ten opsigte
van 'n variëteit wat voorafgegaan word deur 'n aansoek deur of namens
dieselfde applikant om die beskerming van die regte in dieselfde variëteit
in 'n konvensieland of 'n ooreenkomsland, en wat ingedien is ooreenkomstig
die wette wat in so 'n land van krag is, moet -
(a)
by die registrateur, op 'n vorm wat vir dié doel van die kantore
van die registrateur in Pretoria verkrygbaar is, aangeteken word;
(b)
binne 12 maande vanaf die datum waarop die aansoek om die
beskerming van die regte in dieselfde variëteit behoorlik in 'n
konvensieland of 'n ooreenkomsland neergelê is, aangeteken word;
en
(c)
vergesel gaan van die geld in item 2 van Tabel 2 aangedui.
(3)
So 'n aanspraak om voorrang moet binne ses maande vanaf die datum
waarop dit by die registrateur aangeteken is, bevestig word deur 'n
afskrif, as korrek gewaarmerk deur die toepaslike gesag in die betrokke
konvensieland of ooreenkomsland, van elke dokument wat die betrokke
voorafgaande aansoek uitmaak, aan die registrateur voor te lê.
(4)
Die tydperk bedoel in artikel 8(4) van die Wet, waarbinne 'n
aansoek waaraan voorrang aldus verleen is, bevestig moet word deur dit aan
te vul in elke opsig wat nodig is ten einde aan die voorskrifte van die
Wet te voldoen, is vier jaar: Met
dien verstande dat indien die voorafgaande aansoek in 'n konvensieland of
ooreenkomsland teruggetrek of verwerp is, die registrateur kan vereis dat
sodanige aanvulling op 'n vroeër datum voltooi moet wees.
Benamings vir variëteite
5.(1)
Die benaming wat ingevolge regulasie 3(2)(c) vir 'n variëteit
voorgestel word, moet -
(a) geskik
wees om 'n variëteit te identifiseer;
(b)
nie sodanig wees dat dit kan mislei of kan lei tot verwarring
betreffende die eienskappe, waarde of identiteit van die betrokke variëteit
of die identiteit van die teler daarvan nie;
(c)
verskillend wees van elke benaming wat bestaande variëteite van
dieselfde of 'n aanverwante soort plant in 'n konvensieland of 'n
ooreenkomsland onderskei;
(d)
behoudens die bepalings van
subregulasie (3) nie identies of soortgelyk wees nie aan, of tot
verwarring kan lei nie met 'n merk wat die beskerming deur die Wet op
Handelsmerke, 1963 (Wet No. 62 van 1963), daaraan verleen, geniet en wat
van toepassing is op voortplantingsmateriaal of die gebruik in verband
daarmee of in verband met 'n produk daarvan;
(e)
nie skadelik vir die openbare orde of in stryd met die sedes wees
nie; en
(f)
dieselfde wees in alle konvensielande of ooreenkomslande.
(2)
Indien die registrateur die benaming wat vir 'n variëteit
voorgestel word, as ongeskik beskou, moet die betrokke applikant 'n
vertaling daarvan of 'n ander benaming wat vir die registrateur
aanvaarbaar is, voorlê binne twee maande vanaf die datum waarop hy of sy
skriftelik gelas is om dit te doen.
(3)
Ondanks enige andersluidende bepalings van hierdie regulasies -
(a)
kan 'n merk in subregulasie (1)(d) bedoel, slegs as 'n benaming vir
'n variëteit goedgekeur word indien die betrokke applikant skriftelik
bewys voorlê dat die houer van die betrokke merk afstand doen van sy of
haar aanspraak op sodanige merk vanaf die datum waarop 'n planttelersreg
aan die variëteit toegestaan word; en
(b)
moet die benaming wat deur die registrateur goedgekeur word vir 'n
variëteit ten opsigte waarvan beskerming verleen is deur, of aansoek om
beskerming gedoen is by, die toepaslike gesag in 'n konvensieland of 'n
ooreenkomsland ooreenkomstig die wette wat in daardie land van krag is,
dieselfde wees as die benaming aldus in daardie land beskerm of waarom
aldus aansoek gedoen is, op voorwaarde egter dat aan die bepaling van
subparagraaf (a) voldoen word en dat 'n voorkeuraanspraak op sodanige
benaming nie deur iemand anders bewys word nie.
(4)
Wanneer 'n variëteit geadverteer, vir verkoop aangebied of bemark
word, is dit toelaatbaar dat 'n handelsmerk, handelsnaam of ander
soortgelyke aanduiding met 'n geregistreerde variëteitsbenaming verbind
mag word.
(5)
'n Handelsmerk, handelsnaam of ander soortgelyke aanduiding in
subregulasie (4) bedoel, mag nooit alleen sonder die variëteitsbenaming,
wat te alle tye maklik herkenbaar moet wees, gebruik word nie.
Publikasie van aansoeke
6.(1)
Die besonderhede in item 1 van Tabel 3 aangedui, moet ingevolge
artikel 13(1) van die Wet gepubliseer word ten opsigte van 'n aansoek om
die toestaan van 'n planttelersreg wat nie ingevolge artikel 11 van die
Wet deur die registrateur verwerp is nie.
(2)
Die besonderhede in item 2 van Tabel 3 aangedui, moet ingevolge
artikel 13(2) van die Wet gepubliseer word ten opsigte van 'n aansoek om
die toestaan van 'n planttelersreg wat teruggetrek is voordat 'n
planttelersreg ten opsigte van die betrokke variëteit toegestaan is.
Verlening van voorlopige beskerming
7.
'n Aansoek om 'n beskermingsbevel ingevolge artikel 14 van die Wet
met die oog op die voorlopige beskerming van die planttelersreg wat ten
opsigte van 'n variëteit toegestaan kan word, moet op 'n vorm wat vir die
doel van die kantore van die registrateur in Pretoria verkrygbaar is,
ingedien word.
Besware teen aansoeke om die toestaan van
planttelersregte
8.(1)
'n Beswaar teen 'n aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg
moet -
(a)
skriftelik by de registrateur aangeteken word binne ses maande
vanaf die datum waarop die besonderhede van die betrokke aansoek ingevolge
artikel 13(1) van die Wet gepubliseer is;
(b) die
naam en adres van die persoon wat beswaar maak, verklaar;
(c) die
gepubliseerde besonderhede van die betrokke aansoek aandui;
(d)
behoudens die bepalings van artikel 17(2) van die Wet, die gronde
verklaar waarop dit gebaseer is; en
(e) vergesel
gaan van die geld in item 3 van Tabel 2 aangedui.
(2)
Die registrateur kan vereis dat sodanige beswaar gestaaf word met
sodanige bewys wat nodig geag word.
(3)
Iemand wat aldus beswaar maak, moet 'n afskrif van enige dokument
en ander bewys wat ingevolge subregulasies (1) en (2) aangeteken word, aan
die persoon wat die betrokke aansoek ingedien het, verskaf en bewys van
sodanige verskaffing aan die registrateur voorsien.
(4)
'n Teenverklaring teen sodanige beswaar deur die persoon wat die
betrokke aansoek ingedien het, moet -
(a)
skriftelik by die registrateur aangeteken word binne 60 dae, of
sodanige verdere tydperk wat die registrateur toelaat, vanaf die datum
waarop sodanige persoon die betrokke beswaar en ander bewys in
subregulasie (2) bedoel, ontvang het;
(b) die
gepubliseerde besonderhede van die betrokke aansoek aandui;
en
(c)
die besonderhede van elke grond uiteensit waarop enige bewering van
die persoon wat beswaar aanteken, bestry word.
(5)
Die persoon wat so 'n teenverklaring aanteken, moet 'n afskrif
daarvan aan die persoon wat die betrokke beswaar ingedien het, verskaf en
die registrateur van bewys van sodanige verskaffing voorsien.
(6)
Die registrateur moet die persoon wat beswaar gemaak het teen die
aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg, die persoon wat aansoek om
'n planttelersreg gedoen het en die persoon of persone wat aangestel is om
hom of haar by die aanhoor van die beswaar by te staan, skriftelik in
kennis stel van die datum en tyd waarop en die plek waar die beswaar
aangehoor sal word.
(7)
By die verhoor van 'n beswaar teen 'n aansoek om 'n plantelersreg -
(a)
word enige persoon in subregulasie (6) bedoel, toegelaat om
getuienis in te roep tydens die verhoor en om ander getuies onder
kruisverhoor te neem;
(b)
rus die onus op elke persoon om sy of haar getuies in kennis te
stel van die datum, plek en tyd van die verhoor en om hulle
teenwoordigheid by die verhoor te verseker;
(c)
moet die persoon wat die beswaar teen 'n aansoek om die toestaan
van 'n planttelersreg aangeteken het, toegelaat word om sy of haar saak
eerste te stel en om getuies in te roep;
en
(d)
moet die persoon wat aansoek gedoen het om die planttelersreg dan
toegelaat word om sy of haar saak te stel en om getuies in te roep.
(8)
Nadat al die getuies aangehoor is, moet die registrateur 'n besluit
neem en daarna die persoon wat beswaar gemaak het en die persoon wat
aansoek om die betrokke planttelersrg gedoen het, skriftelik van sy of
haar besluit en van die gronde waarop dit gebaseer is, in kennis stel.
(9)
Die registrateur moet die besonderhede in item 3 van Tabel 3
aangedui, ten opsigte van 'n aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg
publiseer wanneer sodanige aansoek verval het omdat 'n beswaar daarteen
gehandhaaf is.
Oorweging en ondersoek van aansoeke
9.(1)
Wanneer die registrateur toetse en proewe ingevolge artikel 19(2)
van die Wet onderneem ten einde te bepaal of 'n variëteit van 'n soort
plant in kolom 1 van Tabel 1 aangedui, 'n variëteit is wat ingevolge
artikel 2 van die Wet vir die toestaan van 'n planttelersreg kwalifiseer,
is die ondersoekgelde in items 4 of 5 van Tabel 2 aangedui deur die
betrokke applikant aan die registrateur betaalbaar.
(2)
Die bedrag betaalbaar ten opsigte van die koste van resultate wat
ingevolge artikel 19(4) en (6) van die Wet van die toepaslike gesag in 'n
konvensieland of 'n ooreenkomsland
verkry word, is die bedrag wat deur die toepaslike land bepaal is en word
bereken teen die wisselkoers tussen die geldeenhede van die Republiek en
die betrokke land soos op die datum van betaling van sodanige koste aan
die toepaslike gesag.
(3)
Die bedrag in item 6 van Tabel 2 aangedui, is betaalbaar wanneer
die registrateur die resultate van toetse en proewe deur hom of haar
onderneem, aan die toepaslike gesag in 'n konvensieland of 'n
ooreenkomsland voorsien.
(4)
Die besonderhede in items 4 en 5 van Tabel 3 aangedui, moet
onderskeidelik gepubliseer word ten opsigte van -
(a)
'n planttelersreg wat toegestaan is;
en
(b)
die weiering om 'n planttelersreg toe te staan.
Betaling van jaargeld
10.(1)
Die jaargeld wat ingevolge artikel 22 van die Wet, gedurende die
geldigheidstermyn van 'n planttelersreg ten opsigte van 'n variëteit van
'n soort plant in kolom 1 van Tabel 1 aangedui, aan die registrateur
betaalbaar is deur die houer van sodanige reg, is die bedrag in item 7 van
Tabel 2 aangedui.
(2)
Indien die jaargeld vir 'n bepaalde jaar nie voor of op 31 Januarie
van daardie jaar betaal is nie, is 'n addisionele bedrag van 10 persent
van die toepaslike geld in subregulasie (1) bedoel, ingevolge artikel
22(2) van die Wet betaalbaar vir elke maand of gedeelte van 'n maand van
laatbetaling.
Termyn van planttelersregte
11.
Die termyn waarvoor 'n planttelersreg ten opsigte van 'n variëteit
van 'n soort plant in kolom 1 van Tabel 1 aangedui, toegestaan word, is
soos in kolom 3 van voormelde Tabel teenoor die naam van die betrokke
soort plant aangedui.
Tydperk van alleenreg
11(a).
Die houer van 'n planttelersreg ten opsigte van 'n variëteit van
'n soort plant in kolom 1 van Tabel 1 aangedui, het gedurende die tydperk
in kolom 4 van voormelde Tabel teenoor die naam van die betrokke soort
plant aangedui, die alleenreg in artikel 23 van die Wet bedoel.
Kennisgewing van lisensies
12.(1)
Die houer van 'n planttelersreg moet die registrateur op 'n vorm
wat vir dié doel van die kantore van die registrateur in Pretoria
verkrybaar is, in kennis stel van elke lisensie wat ingevolge artikel 25
van die Wet deur hom of haar uitgereik is.
(2)
So 'n kennisgewing moet binne 30 dae vanaf die datum van uitreiking
van die betrokke lisensie by die registrateur ingedien word.
Aansoek om verpligte lisensies
13.(1)
'n Aansoek om die uitreiking van 'n verpligte lisensie ten opsigte
van 'n planttelersreg moet -
(a) skriftelik
by die registrateur ingedien word;
(b) die
gepubliseerde besonderhede van die betrokke aansoek aandui;
(c)
die redes uiteensit waarom die betrokke applikant meen dat die
weiering deur die houer van die betrokke planttelersreg om 'n lisensie uit
te reik, of die voorwaardes opgelê, onredelik is;
en
(d)
vergesel gaan van die geld in item 8 van Tabel 2 aangedui.
(2)
Die registrateur kan vereis dat so 'n aansoek gestaaf word met die
bewys wat hy of sy nodig ag.
(3)
Iemand wat aldus aansoek doen, moet 'n afskrif van enige dokument
en bewys wat ingevolge subregulasies (1) en (2) ingedien is, aan die houer
van die betrokke planttelersreg verskaf en bewys van sodanige verskaffing
aan die registrateur voorsien.
(4)
Die houer van so 'n planttelersreg kan binne 60 dae vanaf die datum
van ontvangs van die dokument en bewys in subregulasie (3) bedoel, of
binne die verdere tydperk wat die registrateur toelaat, 'n teenverklaring
by die registrateur aanteken waarin die besonderhede uiteengesit word van
elke grond waarop hy of sy die betrokke aansoek betwis.
Oordrag van planttelersregte
14.(1)
Die houer van 'n planttelersreg moet die registrateur op 'n vorm
wat vir dié doel van die kantore van die registrateur in Pretoria
verkrygbaar is, in kennis stel van die feit dat so 'n reg of 'n deel
daarvan aan iemand anders oorgedra is.
(2)
So 'n kennisgewing moet -
(a)
binne 30 dae vanaf die datum waarop die betrokke planttelersreg of
'n deel daarvan oorgedra is, ingedien word;
en
(b) vergesel
wees van die geld in item 9 van Tabel 2 aangedui.
(3)
Wanneer die registrateur van die oordrag van 'n planttelersreg in
kennis gestel is soos in subregulasie (1) beoog, moet die besonderhede in
item 6 van Tabel 3 aangedui, ten opsigte van sodanige oordrag, gepubliseer
word.
Wysiging van benamings
15.(1)
'n Aansoek om die wysiging of aanvulling van die benaming wat
goedgekeur is vir 'n variëteit ten opsigte waarvan 'n planttelersreg
toegestaan is, moet -
(a)
deur die houer van die betrokke planttelersreg op 'n vorm wat vir
dié doel van die kantore van die registrateur in Pretoria verkrygbaar is,
by die registrateur ingedien word; en
(b) vergesel
gaan van die geld in item 10 van Tabel 2 aangedui.
(2)
Indien die registrateur beoog om die wysiging of aanvulling van die
benaming van 'n variëteit goed te keur, moet die besonderhede in item 7
van Tabel 3 aangedui, ten opsigte daarvan gepubliseer word.
(3)
'n Beswaar teen die beoogde goedkeuring van 'n wysiging of
aanvulling moet -
(a)
skriftelik by die registrateur aangeteken word binne drie maande
vanaf die datum waarop die besonderhede daarvan ingevolge artikel 32(4)
van die Wet gepubliseer is;
(b)
die naam en adres van die persoon wat beswaar maak, verklaar;
(c)
die gepubliseerde besonderhede van die betrokke aansoek, aandui;
(d)
die gronde verklaar waarop dit gebaseer is;
en
(e)
vergesel gaan van die geld in item 11 van Tabel 2 aangedui.
(4)
Die registrateur kan vereis dat so 'n beswaar gestaaf word met die
bewys wat hy of sy nodig ag.
(5)
Die registrateur moet die besonderhede in item 8 van Tabel 3
aangedui, ten opsigte van die benaming van 'n variëteit publiseer nadat
hy of sy 'n wysiging of aanvulling daarvan goedgekeur het.
Beëindiging van planttelersregte
16.(1)
'n Beswaar teen die voorgenome beëindiging van 'n planttelersreg
waarvan die houer daarvan of die houer van 'n lisensie daarin in kennis
gestel is soos in artikel 33(2) van die Wet beoog, moet -
(a)
skriftelik deur die houer van die betrokke planttelersreg of die
houer van 'n lisensie daarin, aangeteken word;
(b)
binne 60 dae vanaf die datum waarop 'n persoon in paragraaf (a)
bedoel, daarvan in kennis gestel is, by die registrateur aangeteken word;
(c)
die naam en adres van die persoon wat beswaar maak, verklaar;
(d)
die gepubliseerde besonderhede van die betrokke planttelersreg
aandui;
(e)
die gronde verklaar waarop die beswaar gebaseer is;
en
(f)
vergesel gaan van die geld in item 12 van Tabel 2 aangedui.
(2)
Die registrateur moet die besonderhede in item 9 van Tabel 3
aangedui, ten opsigte van die beëindiging van 'n planttelersreg publiseer.
(3)
Die houer van 'n planttelersreg moet die sertifikaat van
registrasie wat ten opsigte daarvan uitgereik is, binne 30 dae vanaf die
datum van die publikasie in subregulasie (2) bedoel, aan die registrateur
terugstuur.
Vrywillige afstanddoening van
planttelersregte
17.(1)
'n Kennisgewing deur die houer van 'n planttelersreg dat hy of sy
afstand doen van so 'n reg moet -
(a)
by die registrateur, op 'n vorm wat vir dié doel van die kantore
van die registrateur in Pretoria verkrygbaar is, ingedien word;
en
(b) vergesel
gaan van –
(i)
die geld in item 13 van Tabel 2 aangedui; en
(ii)
die sertifikaat van registrasie wat ten opsigte van die betrokke
planttelersreg uitgereik is.
(2)
Die registrateur moet die besonderhede in item 10 van Tabel 3
aangedui, ten opsigte van die vrywillige afstanddoening van 'n
planttelersreg publiseer.
Erkenning van agente
18.(1)
Die registrateur kan 'n persoon as 'n agent erken indien hy of sy
oortuig is dat sodanige persoon -
(a) van
goeie naam is;
(b) oor
geskikte kwalifikasies en voldoende ervaring beskik;
en
daarom in staat is om 'n persoon wat aansoek om die toestaan van 'n
planttelersreg doen of die houer van so 'n reg, te verteenwoordig en om
die belange van sodanige persoon of houer te bevorder.
(2)
'n Kennisgewing in verband met die aanwysing of vervanging van 'n
agent moet –
(a)
deur iemand wat aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg
gedoen het of deur die houer van so 'n reg verstrek word;
(b)
by die registrateur op 'n vorm wat vir dié doel van die kantore
van die registrateur in Pretoria verkrygbaar is, ingedien word;
en
(c)
ingedien word binne 30 dae vanaf die datum waarop sodanige
aanwysing of vervanging in werking getree het.
Kennisgewing van adresverandering
19.
Enige verandering van die adres wat vir korrespondensiedoeleindes
in 'n aansoek om die toestaan van 'n planttelersreg aangedui is, of van 'n
adres wat in die register aangeteken is, moet -
(1)
na gelang van die geval, verstrek word deur -
(a)
die persoon wat aansoek om die toestaan van die betrokke
planttelersreg gedoen het;
(b)
die houer van die betrokke planttelersreg;
(c)
die regsverteenwoordiger of agent van sodanige applikant of houer;
of
(d)
die persoon aan wie 'n lisensie of verpligte lisensie ten opsigte
van die betrokke planttelersreg uitgereik is;
(2)
by die registrateur op 'n vorm wat vir dié doel van die kantore
van die registrateur in Pretoria verkrygbaar is, ingedien word;
en
(3)
binne 30 dae vanaf die datum waarop sodanige adresverandering in
werking getree het, ingedien word.
Register van planttelersregte
20.(1)
In die register van planttelersregte in artikel 4 van die Wet
bedoel, word aangeteken -
(a)
die soort plant waartoe elke variëteit behoort;
(b)
die benaming van elke variëteit en elke goedgekeurde verandering
daarvan;
(c)
die belangrikste eienskappe van elke variëteit en, waar variëteite
voortgebring deur 'n kruising tussen sekere oorerflike komponente, die
belangrikste eienskappe van sodanige komponente;
(d)
die volle naam en adres van die oorspronklike teler van elke variëteit;
(e)
die naam en adres van die houer van die planttelersreg in elke variëteit
en die naam en adres van elke persoon aan wie sodanige reg oorgedra is;
(f)
die naam en adres van enige persoon wat as die agent van 'n persoon
in paragraaf (e) bedoel, aangestel is;
(g)
die aanvangsdatum van die planttelersreg in elke variëteit;
(h)
die datum waarop 'n planttelersreg ophou om te bestaan en die rede
daarvoor;
(i)
die naam en adres van elke persoon aan wie 'n lisensie of 'n
verpligte lisensie ingevolge die Wet uitgereik is vir die gebruik van 'n
planttelersreg; en
(j)
sodanige ander besonderhede as wat die registrateur, behoudens die
bepalings van die Wet, nodig ag.
(2)
Die geld in item 14 van Tabel 2 aangedui, is betaalbaar deur iemand
wat insae in die register van planttelersregte versoek.
Insae in en afskrifte van dokumente
21.(1)
Enige persoon -
(a)
wat insae in 'n dokument verlang wat in verband met 'n aansoek om
die toestaan van 'n planttelersreg by die registrateur ingedien is;
(b)
wat 'n afskrif van enige besonderhede in die register, of van 'n
dokument in paragraaf (a) bedoel, verlang; of
(c)
wat 'n sertifikaat deur die registrateur verlang in verband met
besonderhede of 'n dokument in paragraaf (b) bedoel;
moet
op 'n vorm wat vir dié doel van die kantore van die registrateur in
Pretoria verkrygbaar is, daarom aansoek doen.
(2)
So 'n aansoek moet van die toepaslike aansoekgelde in items 15, 16
en 17 van Tabel 2 aangedui, vergesel gaan.
Appèl by die minister
22.(1)
'n Appèl ingevolge artikel 42 van die Wet moet –
(a)
skriftelik by die Direkteur-generaal aangeteken word binne 60 dae
vanaf die datum waarop die registrateur die appellant skriftelik van die
betrokke beslissing of stap kennis gegee het;
(b)
die verwysingsnommer en datum van die dokument deur middel waarvan
so 'n appellant van daardie beslissing of stap kennis gegee is, vermeld;
(c) die
gronde verklaar waarop die appèl gebaseer is;
en
(d) vergesel
gaan van die geld in item 18 van Tabel 2 aangedui;
(2)
'n Appèl moet –
(a) wanneer
per pos gestuur, geadresseer wees aan -
Die
Direkteur-generaal: Landbou
Privaatsak
X250
PRETORIA
0001;
of
(b) wanneer
per hand afgelewer, afgelewer word by -
Die
Direkteur-generaal: Landbou
Dirk
Uysgebou
Hamiltonstraat
PRETORIA.
Besoldiging van voorsitter en lede van appèlrade
23.
'n Persoon wat ingevolge artikel 42(2)(a) van die Wet as lid van 'n
appèlraad aangestel is en wat nie 'n beampte is nie, sal besoldig word
volgens Kategorie C van die Handleiding vir die Toepassing van die Stelsel
vir die Administrering van die Diensvoordelepakkette vir Ampsdraers van
sekere Statutêre en ander Instellings.
Betaling van gelde
24.(1)
Posgeld op en afleweringskoste van 'n aansoek of dokument wat
ingevolge hierdie regulasie ingedien word, asook op of van enigiets anders
in verband daarmee moet, vooruitbetaal word.
(2)
Enige geld wat ingevolge hierdie regulasies betaalbaar is, moet per
tjek, posorder of poswissel wat ten gunste van die Direkteur-generaal:
Landbou uitgemaak is, betaal word: Met
dien verstande dat indien sodanige geld per hand afgelewer word, dit in
kontant betaal kan word.
(3)
Behoudens die bepalings van artikel 42(8) van die Wet is gelde wat
ingevolge hierdie regulasies betaal is, nie terugbetaalbaar nie.
Adres van indiening van dokumente
25.
Enige aansoek, kennisgewing, beswaar of ander dokument wat
ingevolge hierdie regulasies by die registrateur ingedien moet word, moet
-
(a) wanneer
per pos gestuur, geadresseer wees aan -
Die
Registrateur van Planttelersregte
Privaatsak
X258
PRETORIA
0001;
of
(b) wanneer
per hand afgelewer, geaddresseer wees aan of afgelewer word by -
Die
Registrateur van Planttelersregte
Direktoraat:
Plant- en Gehaltebeheer
Blok
V – Landbougebou
Hamiltonstraat
PRETORIA.
|