Response by the Deputy Minister of Agriculture, Forestry and Fisheries

17 June 2009

Agbare Speaker

Ministers,

President Zuma se besluit om grondsake en landbou te skei, het positiewe en negatiewe reaksies uitgelok. Net so het die president se aankondiging van sy kabinet, en spesifiek die landbouministers, positiewe en negatiewe reaksies uitgelok. Die media se kommentaar daarop het gewissel van verbasing tot skok maar ook groot lof. Kommentators was dit egter eens dat die President met die skeiding van die departemente van Grondsake en Landbou, asook met sy keuse van Ministers 'n besliste boodskap aan die landbousektor maar ook aan die hele Suid-Afrika wou stuur.

Ek sien hierdie boodskap van die President as dat hy besef hoe belangrik 'n suksesvolle Landboubousektor vir die toekoms van Suid-Afrika is, en dat ons oor politieke en ander grense heen genoeg met mekaar in gemeen het om saam hieraan te kan werk omdat die krisis in die landbousektor so ernstig is.

Dat die Landbousektor voor vele probleme staan en dat die toekoms groot eise aan ons almal hier teenwoordig gaan stel, is nie te betwyfel nie. Ek het die aanstelling as adjunk-minister na deeglike oorweging aanvaar wetende van die groot eise wat dit gaan stel asook die risiko's wat so 'n besluit inhou.

Johan van Wyk, oud joernalis, maak my besluit nie makliker nie as hy in 12 Junie se Landbouweekblad 'n humoristiese artikel oor al die oud-ministers van Landbou skryf. Daarin skryf hy hoe Landbou-ministers in Suid-Afrika glad nie lank hou nie -- volgens sy syfers het Suid-Afrika die afgelope 100 jaar reeds meer as 30 Landbou-ministers gehad -- en toon hy aan hoe hulle baie gou ongewild raak.

The agricultural challenges to this country are ever increasing as influential international events and urgent local demands have to be addressed. The worldwide financial crisis resulted in slowing economic growth, not only in industrial countries, but also in developing countries. When factors such as global climate change and input costs are taken into account, high demands are placed on the various agricultural role players in order to continue attaining objectives such as food security, lower food prices and the establishment of emerging farmers in the coming few years.

Although agriculture only contributes 3 % to the GDP, it remains one of the largest contributors to employment provision in this country's total economy. According to calculations 8,5 million people are directly or indirectly dependent on agriculture for employment and income, requiring careful and responsible decision making in order to ensure a balanced and healthy agricultural sector. A successful agricultural sector remains a key priority for South Africa in addressing all these issues.

Honourable Speaker, the World Trade Atlas of 18 February 2009 released the preliminary value of South Africa 's total agricultural exports as amounting to R45,3 billion in 2008, which is an increase of 51 % from 2007. The preliminary agricultural imports were R39,0 billion for 2008, an increase of nearly 31 % from 2007.

The resulting agricultural trade surplus was R6,3 billion for 2008. These statistics pointed to a high export of primary produce and a high import of processed food, therefore indicating an opportunity to develop our beneficiation industries. This becomes an opportunity for entrepreneurs to venture into agro-processing, creating their own jobs and at the same time beginning to absorb labour.

FOOD SECURITY

An important part of our mission is to ensure the availability and access to sufficient, safe and nutritious food.

Addressing a meeting of the World Affairs Council of Northern California in San Francisco , Dr Jacques Diouf, as Director-General Food and Agriculture of the United Nations said: “In the next few decades, a major international effort is needed to feed the world when the population soars from six to nine billion. We might call it a second Green Revolution.”

This was supported by the call of the Secretary General of the United Nations, Mr. Ban Ki Moon in 2008 for another “green revolution” and this time acknowledging that the world will be looking at Africa for answers on food security.

Speaking at the World Economic Forum last week, Rwandan President Paul Kagama, reacted by saying that Africa can be the world's breadbasket.

At the same occasion former United Nations Secretary General Kofi Annan added: “In Africa food security is not a theoretical problem. Almost 300 million Africans go to bed without anything to eat.”

Therefore -- providing sufficient food to the South African public remains one of the most important agricultural aims of the agricultural sector. Conversely: If food security is threatened, this would lead to famine, which then results in political instability, coupled with all its negative effects. Stated bluntly, a nation that is not able to grow its food and feed its people is a failing nation.

A joint statement issued in 2008 by the UN Food and Agriculture Organization, the International Fund for Agricultural Development and the World Food Programme mentioned that one underlying cause of the current world food crisis was the dramatic decline in agricultural investment over the past three decades, when Official Development Assistance (ODA) tumbled from 17 percent of total to around three percent in 2006.

HOë VOEDSELPRYSE

As van voedselsekuriteit in die Suid-Afrikaanse konteks gepraat word, is dit dikwels nie soseer 'n tekort aan voedsel nie, maar eerder die voedselpryse wat die probleem is. Voedsel word so duur dat selfs basiese voedselsoorte ver buite bereik van 'n groot deel van die bevolking is.

Die vraag is waarom die prys van voedsel op die winkelrakke steeds duurder word, terwyl sommige landboukommoditetispryse daal?

Een voorbeeld: Volgens statistiek van die Nasionale Landboubemarkingsraad het die prys van koring van April 2008 tot April 2009 met 36% gedaal. In hierdie tyd het die Safex-prys vir koring van R3 962 per ton tot R2 526 per ton gedaal.

Terwyl koring se prys met 36% gedaal het, het bruinbrood se prys in dieselfde tyd met 22% gestyg. Hoe verklaar 'n mens dit?

Volgens dr Andre Jooste, senior bestuurder van die Nasionale Landbou-bemarkingsraad, is die groot les wat almal hieruit moet leer, dat daar 'n verband is tussen voedselsekuriteit en die winsgewendheid van landbou. As koring winsgewend verbou kan word, sal boere dit plant en so verseker dat daar genoeg kos bekostigbaar geproduseer word. Die omgekeerde is natuurlik ook waar.

High food prices are not only a problem in South Africa . High food prices are gripping the whole world. This is compounded by the increasing global populations and resultant food demands on the one hand, and limited natural resources, demands for alternative energy and the effects of climate change on the other hand.

INFRASTRUCTURE

Continuous improvement of agricultural infrastructure is important as farming remains an economic activity. Better research, improved extension and water quality, access roads, etc., therefore remain a priority. Rural development and the alleviation of poverty only become possible if there is continued growth in the agricultural sector. Continued growth in the agricultural sector is again only possible if the sector continues to be competitive nationally and internationally.

KOMMERSIELE BOERE

Die Departement van Landbou, die kommersiële boere en die opkomende boere is van die belangrikste rolspelers om van landbou in Suid-Afrika 'n sukses te maak en voedselsekuriteit te waarborg. Die groot uitdaging in die volgende paar jaar gaan wees om die regte balans te kry tussen hierdie rolspelers.

In hierdie opsig is kommersiële boere net so deel van die oplossing as die opkomende boere. Te dikwels word kommersiële boere as die probleem en nie as deel van die oplossing gesien nie. Verantwoordelike vennootskappe tussen kommersiële- en opkomende boere kan baie van die huidige probleme aanspreek. Verantwoordelike vennootskappe behels egter begrip vir die verwagtinge van opkomende boere aan die een kant maar ook begrip vir die probleme en onsekerhede van kommersiële boere aan die ander kant.

'n Kommersiële boer keer my onlangs voor en kritiseer my dat ek net praat van opkomende en kommersiële boere. Volgens hom is daar naas kommersiële- en opkomende boere ook nog 'n derde groep boere naamlik “ondergaande kommersiële boere”!

Van die probleme en onsekerhede van boere waarvoor daar ook begrip moet wees is onder andere verhoogde insetkostes en lae winsgewendheid; ondoeltreffende steunstelsels; volhoubare hulpbronbestuur en veral veiligheid en sekuriteit.

Hoewel almal in Suid-Afrika met misdaad te kampe het, het landelike misdaad 'n skokkende statistiek geword. Misdaad op plase bly 'n ernstige probleem. Onlangs het ons byvoorbeeld die ongelukkige voorval by Bultfontein gehad waar na bewering polisiereserviste by so 'n plaasaanval betrokke was. Die kernprobleem bly die veiligheidsvakuum wat ontstaan het na die afskaffing van die kommando's. Daarom is die Veiligheid en sekuriteitsforum, tussen die landbou-unies en die polisie, waarna in die hersiene landboustrategie plan verwys word, belangrik.

Die uitnodiging van die President van die Republiek van die Kongo aan Suid-Afrikaanse boere om daar te kom boer, sê ook iets van hoe Afrika die belangrikheid van Suid-Afrikaanse boere sien. Die regering van die Republiek van die Kongo is bereid om kosteloos vir Suid Afrikaanse kommersiële boere eksklusiewe gebruiksreg oor plase vir 99-jaar termyne te gee. Boonop kry boere ‘n 5-jaar belastingvakansie, en word hulle vrygestel van invoerbelasting op alle landbou-insette en –toerusting. Winste en beleggings kan ter enige tyd weer uit die land uitgeneem word. Die regering van die Kongo het staatsplase in die vrugbare Niarri-Vallei, wat gesamentlik meer as 135 000ha groot is, uitsluitlik vir Suid Afrikaanse boere geoormerk, en 'n verdere 10 miljoen hektaar kan ook beskikbaar gestel word.

Om 'n Suid-Afrikaanse boer wat winsgewend boer te verloor, vind ek altyd 'n groot jammerte en 'n verlies vir Suid-Afrika. Ons moet dit voorkom. Tog moet die Suid-Afrikaanse bevolking en die regering kennis neem van die waarde wat Afrika-regerings aan hierdie boere heg in hulle pogings om Suid-Afrikaanse boere na ander Afrikalande te lok.

SLOT

President Zuma glo dat ten opsigte van landbou ons oor politieke grense heen genoeg met mekaar in gemeen het om saam die uitdagings van die landbousektor te kan aanpak. Hierdie uitdaging het hy aan ons almal hier teenwoordig gestel. Die toekoms sal leer tot watter mate ons, in belang van almal in Suid-Afrika, hierdie uitdagings aanvaar en suksesvol aangepak het.